Pont de Val Riverside Escape – Hein + Caryn Wedding

Apr 14, 2018

VENUE – Pont de Val RIverside Estate | WEDDING DRESS – Del La Vida | MARRIAGE OFFICIANT – Willie Koen | DJ – Rowan Louw

Hein & Caryn tied the knot at the magnificent Pont De Val near Parys! I always ask my couples to share a bit of their love story to date which I like to include with the images. It is always special when a bride speak so passionately about her own fairy tale, and no one can say it better than Caryn in her own words!

Hein was ‘n klient van my vir meer as 3 jaar (maar die man het nie vir my ogies gemaak nie). 1 Jan 2016 was daar ‘n groot problem in hul besigheid en moes ek en Hein vir twee weke baie naby aan mekaar werk vir resolusie, dis in daai tyd dat ek sy cell nommer op my foon gesave het. Na my twee weke se harde werk het hy vir my ‘n groot bederf gegee: spa voucher vir twee in Sandton se duurste spa, Renaissance! Hy wou natuurlik nie saam kom nie, so ek het ‘n vriendin gevat en hom laat weet ek skuld hom ‘n koffie om dankie te se. Einde Mei het Hein weer kontak gemaak vir werk goed en toe herhinder ek hom aan die koffie wat ek hom skuld.  Met die reel ons toe ons eerste koffie vir 2 April 2016. Dit was ‘n lekker chat, gewone koffie en geen “strings attached”

Die volgende week vat ek ‘n kans en nooi hom vir ‘n Afrikaans chick fliek,( Vir Altyd ) dis na die movie wat Hein my in Irene Village Mall se parkeer area totsiens SOEN! That was it. Dis net daar waar die koel deer kerk is… Ek was onmiddelik verlief! Ons het van daai dag af nog nooit ‘n dag deer gebring sonder mekaar nie. Ek het vir baie jare voor ons ontmoeting gebid dat Jesus vir my ‘n mooi man soos Hein sal stuur. Een wat mooi met my praat, saggies met my werk, wat my maaitjie is, altyd met my praat, na my luister en wat my verstaan, en bo alles een wat my sal respekteer. Dit was Hy! Ons Vader het Hein vir my gestuur so ek het geweet dit is vir altyd!

24 April 2016 het ek vir Hein gevra of my sal “kys”! Ons was die dag by Irene Dairy Farm en stap rustig op die plaas rond. Iewers agter op die plaas is daar ‘n bruggie wat oor die rivier loop. Hein was so bietjie vreemd vir ‘n rukkie toe ons daar kom, so bietjie ongemaklik… Maar in daai oomblik kon ek nie help om my uitgesproke self te wees nie, en vra klip hard vir die man: ’Hein Draht sal jy my asb kys?’       dit was ‘n priceless oomblik. Hein was bloed rooi en vluister sag, ek wag nou al 5 min vir die ander mense om te loop sodat ek jou kon vra!

So het ons storie saam begin. Ons is altwee baie lief vir travel, en het al die helfde van die wereld saam verken in die kort tydjie wat ons saam is. Ons draf graag, gym graag, hou altwee van fietsry. Ons kuier lekker met mekaar en het min mense om ons nodig en so werk ons ook lekker saam in die bouery. Ek en Hein is joint by the hip. Daar is niks wat ons nie saam doen nie, en tog voel ek asof ons net nie genoeg tyd saam het nie.

In April 2017 was ons in Australia vir Hein se CA eind Examen. Op sy laaste dag 12 April 2017 het ek vir hom gewag buite sy klas (hy was baie verbaas) en so het ons toe saam gestap na die Opera house toe waar ons sy sussie sou ontmoed vir aand ete. Daar beleef ons weer so oomblik soos in Irene die dag van die kys. Hein is vreemd, hy praat in sirkels, dan is hy hier op die grond in sy rugsak besig, dan in sy baadjie, hy raak net nie rustig nie… Ek vra wat fout is, maar hy praat oor die toets en sy klas en die dag wat erg was. Ons staan en staar vir die brug, want iewers in die volgende paar sekondes sou die brug se liggies aankom… Ek besef weer ek praat met myself want Hein grou hier op die grond in sy sak vir sy “beursie” en met die draai ek om en se: “wat skarrel jy so los die ding”.  Ag, en toe ek vir hom kyk is hy daar op een been met die ring in sy hand en vra hy: ’Caryn Elizabeth Cockerell, sal jy asb met my trou?’ Dit was sooo spesiaal!  Die brug se liggies het aangekom, en uiteet saam sussie was eintlik nie gereel vir die aand nie want daar was ‘n romantiese ete tuis by die huis gereel.

En so het ons tweetjies in die volgende fase ingegaan. Nogsteeds joint by the hip en die liefde tussen ons net nog sterker! Die troue reel was so bietjie van ‘n laaste minuut ding…… ons werk was en is regtig baie veeleisend die jaar, so ek het maar so 4 weke voor die troue alles gereel en dinge bymekaar gesit. Dit was stres vry, ek het elke sekonde geniet en die dag self was vir my en Hein baie spesiaal! My ma en my vriendine is te dank vir alles wat so mooi was. Barbara en my ma het die idees gehad en ek en Anzelle het net gehelp waar ons kon. In my kop was dit die mooiste troue ooit! Ek en Hein is werklik dankbaar vir hoe almal saam gewerk en gehelp het om heirdie pragtige dag moontlik te maak!

Back to the wedding day, we started with Hein and his best man early the morning. As with most men, Hein is not to keen on photos. After the first few images  though he looked like a pro! We then photographed the lovely venue with the decoration of the tables and flowers done by family and friends! It looked amazing! We then spent the rest of the morning with the ladies. Caryn looked absolutely gorgeous in her dress and the look on Hein’s face as she walked down the isle towards him was priceless!

After the ceremony friends and family enjoyed canapes and drinks while I took this lovely couple for their portrait session. The Vaal river spilled over the walkways and jetties but this venue has so many photo opportunities and we made the most of it! We had teh most gorgeous sunset over the Vaal, what a blessed day!

After the formalities and speeches we finished the evening with a night portrait shoot. I wish you guys all the happiness in the world! Thank you for allowing me to capture your day and may every day be a fairy tale!

IMAGES FROM THE DAY

PLEASE ALLOW TIME FOR IMAGES TO LOAD

Pin It on Pinterest

Share This